Mullerspas na Normandienpas hike (20-21 Desember 2014)

(Bydrae deur: Ruan Adendorff) 

Op ‘n vroëe Saterdag oggend het 4 van ons (ek, Gerhard, Richard en Thea), weggespring van Mullerspas se uitkykpunt vol moed vir ‘n heerlike avontuur. ‘n Ligte berg briesie het ons koel gehou teen die eerte bult, wat sommer die inleiding was tot nog vele uitdagings.

Na ongeveer ’n uur se stap was ons op en oor die berg en het ons begin afsak na die spruit wat gelyk het soos die hek tot die boskloof.

Dit was nogal ‘n verassing vir sekere van die hikers, want dit was niks anders as “bundu bashing” en kranse nie. Gelukkig het Gerhard sy tou saam gebring want die hike het verander na ‘n klas 5 hike. Deur die bos met sy dorings moes ons kruip, abseil op twee plekke en soos ’n bosbok die skuinstes aan durf, net om onder te kom.

Dis wel die moeite werd met die mooi natuurskoon, die voëls wat sing, die sonbesies wat gons en die vars klam reuk van die bos. Dis mos wat ’n mens se batterye weer laai! Op een stadium het Thea mis getrap en verskuif na ‘n posisie wat 1.5 m laer as die res van ons was. Gelukkig het sy nie verder beweeg nie, anders sou sy oor ’n baie erg skuinste geval het. Ons het ons toe soos ‘n klomp Alpine bergklimers met tou aan mekaar vas gemaak en die pad verder aan gedurf. Na ongeveer 4 ure het ons 100m gedaal en toe middag ete geniet langs die rivier met sy massiewe rotse.

Met nuwe krag het ons die volgende steilte aangepak na nog ‘n rivier kruising. Aan die bokant het Union sy verskyning gemaak en nuwe moed in ons moeë lywe ingeblaas. Aan die voet van die bult het ons vars drinkwater gekry en ‘n goeie plek om te kamp vir die aand. Dis toe dat Gerhard ontdek het dat hy die binne gedeelte van sy tent by die huis vergeet het!

Daardie aand is daar heerlik saam gekuier soos net in die berge gedoen kan word. Die mis het later stadig in gerol en ons bedek vir die nag. Die volgende oggend het Gerhard uit sy tent geloer met ‘n buff oor sy gesig. ”Ek het heel nag gogga’s geëet, yummy!” Was sy woorde. Richard en Thea het geruk in hulle tent soos hulle lag en ek self kon ook skaars my lag hou.

Dag 2 was die pad nie heeltemal bekend nie, maar die mis het darem opgeklaar en ons kon min of meer sien waarheen ons op pad was. Die terrein was aansienlik better, meer plat en met ‘n pragtige uitsig oor die Normandien area. Teen 12:00 het ons die eindbestemming bereik en gewag vir ons ry geleentheid.

Dit was ‘n stewige hike, maar die moeite werd! Dankie aan almal wat dit mee gemaak het.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s